Gesondheidsorg, Demensie- en Sorgsentrum op die perseel | Tuisversorging
Inwoners het toegang tot uitsonderlike gesondheidsorgopsies wat verder strek as basiese fisiese sorg. By ons fasiliteit glo ons in 'n omvattende benadering tot gesondheidsorg, wat die respek vir inwoners se keuses en emosies insluit, die bevordering van oop kommunikasie met hul families, die aanbieding van ingeligte en betroubare mediese advies, en die samewerking met 'n span van ervare, meelewende, en toegewyde professionele perseel.
Buiten ons holistiese gesondheidsorgbenadering beskik ons fasiliteit oor 'n 20-bed sorgsentrum vir tenger inwoners wat voltydse sorg verlang. Ons personeel is hoogs gekwalifiseerd en word deurlopend deur opleidings- en ontwikkelingsinisiatiewe verryk.
Sorgsentrum Op Die Perseel
Die sorgsentrum in Twee Riviere is trots daarop om 'n 20-bed fasilitiet aan te bied wat ten doel het om inwoners met uiteenlopende fisiese, psigologiese, emosionele, en sosiale gesondheidsbehoeftes te voorsien.
Ons sorgsentrum spesialiseer in ondersteuning vir akute en chroniese siektes, fisiese tengerheid, en beperkings. Ons doen ook deurlopende monitering en assessering van individuele gesondheidstoestande en sorgvereistes, om te verseker dat inwoners persoonlike aandag ontvang. Bowenal bied ons daaglikse ad hoc sorgdienste om onmiddellike behoeftes aan te spreek en die welstand van inwoners te handhaaf.

Tuisversorging
Verskeie tuisversorgingsdienste is binne die privaatheid van inwoners se eie huise beskikbaar. 'n Keuse van primêre en opsionele ekstra sorgdienste is beskikbaar vir inwoners om van gebruik te maak, wat meer gespesialiseerde sorg asook daaglikse ad hoc sorgbehoeftes, dek.
Dit maak dit vir inwoners moontlik om kwaliteit sorgdienste te ontvang op vooraf gereëlde tye, soos en wanneer nodig.

Ondersteunde Versorgingsdienste
Vir inwoners wat meer sorg benodig, bied Twee Riviere 'n keuse van Ondersteunde Versorgingsdienste aan.
Verskeie ondersteunde versorgingsdienste sluit 'n 24-uur noodoproepsisteem, 'n aanvanklike mediese assessering met intrek, jaarlikse herassessering, bestuurde Tuisversorgingsdienste, en meer in.

Gesondheidsorg by Twee Riviere word voorsien deur Medwell SA, 'n betroubare gesondheidsdiensverskaffer en vennoot in Suid-Afrika met meer as 20 jaar se ervaring. Medwell SA het 'n mediese praktyknommer en lewer diesnste aan alle mediese fondse in Suid-Afrika, wat inwoners verdere gemoedsrus bied.
Medwell SA is weer eens gekies as die Nommer 1 tuisgesondheidsorgverskaffer in "Die Burger" se leserkeuse-toekennings in 2023.






